[go: up one dir, main page]

Google Fiks: Aktiwiteitsporing

3,9
626 k resensies
100 m+
Aflaaie
Inhoudgradering
Almal
Skermkiekieprent
Skermkiekieprent
Skermkiekieprent
Skermkiekieprent
Skermkiekieprent
Skermkiekieprent
Skermkiekieprent
Skermkiekieprent
Skermkiekieprent

Meer oor hierdie program

Word gesonder en meer aktief met die nuwe Google Fiks!

Dis moeilik om te weet hoeveel of watter aktiwiteit jy nodig het om gesond te bly. Daarom het Google Fiks met die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) en die Amerikaanse Hartvereniging (AHA) saamgewerk om Hartpunte te ontwikkel – ’n aktiwiteitdoelwit wat kan help om jou gesondheid te verbeter.

Aktiwiteit wat jou hart lekker vinnig laat pomp, hou geweldige gesondheidsvoordele vir jou hart en verstand in. Jy sal een Hartpunt verdien vir elke minuut van matige aktiwiteit, soos om jou pas te versnel terwyl jy met die hond stap, en dubbelpunte vir meer intense aktiwiteite, soos draf. ’n Flink stapsessie van 30 minute, vyf dae per week, is genoeg om die AHA en WGO se aanbevole hoeveelheid fisieke aktiwiteit te bereik wat bewys is dat dit die risiko van hartsiekte verminder, slaap verbeter, en geesteswelstand in die algemeen verhoog.

Google Fiks sal jou ook help om:

JOU OEFENSESSIES OP JOU FOON OF HORLOSIE NA TE SPOOR
Kry onmiddellik insigte wanneer jy oefen en sien intydse statistieke vir jou draf-, stap- en fietsrysessies. Fiks sal jou Android-foon se sensors of Wear OS by Google-slimhorlosie se polsslagsensors gebruik om jou spoed, pas, roete en meer aan te teken.

JOU DOELWITTE TE MONITOR
Sien jou daaglikse vordering met jou Hartpunte- en Treë-doelwit. Bereik jy elke dag jou doelwitte? Pas jou doelwitte maklik aan sodat jy aanhou om jouself uit te daag en sodoende ’n gesonde hart en verstand te verseker.

AL JOU BEWEGING TE LAAT TEL
As jy deur die loop van die dag stap, draf of fietsry, sal jou Android-foon of Wear OS by Google-slimhorlosie outomaties jou aktiwiteit bespeur en dit by jou Google Fiks-joernaal voeg om seker te maak dat jy vir elke beweging krediet kry. Wil jy ekstra krediet kry? Versnel die pas van jou stapsessies deur ’n passtapoefensessie te begin en op maat te stap. Geniet jy ’n ander soort oefening? Kies dit uit ’n lys aktiwiteite, soos pilates, roei of toltrap, en Google Fiks sal al die Hartpunte naspoor wat jy verdien.

AAN JOU GUNSTELINGAPPS EN -TOESTELLE TE KOPPEL
Fiks kan vir jou inligting van baie van jou gunstelingapps en -toestelle af wys om vir jou ’n holistiese oorsig van jou gesondheid te gee sodat jy nooit tred verloor met jou vordering nie. Dit sluit in: Lifesum, Wear OS by Google, Nike+, Runkeeper, Strava, MyFitnessPal, Basis, Sleep as Android, Withings, Xiaomi Mi-bandjies en meer.

OP ENIGE TYD VANAF ENIGE PLEK AAN TE MELD
Sien ’n oorsig van jou aktiwiteitgeskiedenis in Fiks en jou geïntegreerde apps in die herontwerpte joernaal. Of kry die geheelbeeld in die blaaier, waar jy al jou gesondheid- en welstanddata kan kry.

OP HOOGTE VAN JOU GESONDHEID TE BLY
Asemhaling is een van die eenvoudigste maniere om spanning te verminder en stres te verlig. Met Fiks is dit maklik om jou asemhaling te kontroleer – al wat jy nodig het, is jou foonkamera. Benewens jou asemhalingtempo kan jy ook jou polsslag meet om jou liggaam se welstand beter te verstaan.

OM ’N OORSIG VAN JOU DAG SE STATISTIEKE TE SIEN
Voeg ’n legstuk by jou Android-foon se tuisskerm of stel ’n teël en verwikkeling op jou Wear OS by Google-slimhorlosie op.

Kom meer te wete oor Google Fiks en sien ’n lys gesteunde apps by: www.google.com/fit
Opgedateer op
29 Apr. 2024

Dataveiligheid

Veiligheid begin wanneer jy verstaan hoe ontwikkelaars jou data insamel en deel. Praktyke vir dataprivaatheid en -sekuriteit kan verskil op grond van gebruik, streek en ouderdom. Die ontwikkelaar het hierdie inligting verskaf en kan dit mettertyd opdateer.
Geen data word met derde partye gedeel nie
Kom meer te wete oor hoe ontwikkelaars datadeling verklaar
Hierdie program samel dalk hierdie datasoorte in
Ligging, Persoonlike inligting en 6 ander data
Data word geënkripteer in oorgang
Jy kan versoek dat data uitgevee word
Onafhanklike sekuriteikontrolering

Graderings en resensies

3,9
582 k resensies
Lario Samuele
27 November 2020
Lyk goed mooi Lario
1 persoon meen hierdie resensie is nuttig
Was dit vir jou nuttig?

Wat's nuut


• Gebruik bloot jou foonkamera (geselekteerde toestelle) om jou polsslag en asemhalingtempo te meet
• Versnel die pas van jou stapsessies met passtap in oefensessies
• Kry al jou gesondheid- en welstanddata in die Blaaier-oortjie
• Klein foutoplossings en UI-verbetering